Ons stamvader het homself tussen Kareedouw en Joubertina in die Langkloof, op die plaas Misgunst, gevestig vanwaar sy nasate oor Suider-Afrika versprei het.
Die doel van hierdie webtuiste is om die Herselman
Geslagsregister volledig
en korrek te kry. Almal is dus welkom om 'n bydrae te maak waar inligting
onvolledig of foutief is. Kom ons werk saam en maak die register klaar.
Spesiale dank aan Jan Karel Herselman van Canaga en Frans Antonie Herselman wat oorspronklik met die familie navorsing begin
het. Hul navorsing is gebruik deur Heese en Lombard by die publisering van die Suid Afrikaanse Geslagsregisters (SAG). Edward Martin het hierop voortgebou en my sy navorsingstuk gegee. Ek kon hom ongelukkig nie opspoor om sy toestemming te verkry om die
register te publiseer nie maar ek glo nie hy gee om nie. Sy e-pos adres is nie meer
geldig nie en my soektog na hom op die internet was vrugteloos.
Kom maak kennis met my huisgesin en maak 'n las! Kontak my by my e-posadres, d.i.johan1@1herselman.co.za. Om te voorkom dat "hackers" my e-pos-adres met 'n "script" aktiveer, het ek die syfer "1" tweekeer oorbodig daarin geplaas. Verwyder dit uit jou adres wanneer jy e-pos aan my rig.
Bywerkings word gedoen soos ek meer inligting en korreksies kry. Kom maak dus gereeld 'n draai hier.
English family and friends are also welcome. An english
option will be available at a later stage.
Bygewerk op 10 Aug 2008. |