Banner
 
Herselmanwapen
  Hoe lyk die familiewapen hierbo? Ek het dit self ontwerp gebaseer op inligting verkry van 'n profesionele ontwerper van familiewapens. Dit is egter nie geregistreer nie want ek is nie seker of die ontwerper net wou probeer om iets aan my af te smeer nie. Ek weet dat as ek dit op my naam registreer, is dit slegs op my persoonlik van toepassing. As iemand meer inligting het i.v.m. die simbole en kleure, laat my weet asb.
 

Wie stel belang in 'n familiesaamtrek?

In 2012 vier Joubertina N. G. Gemeente hul 200 jarige bestaan en ons stamvader was toe een van die families in die gemeente.

Kan ons 'n saamtrek reël op Joubertina?

Laat weet my asb.

 

Welkom by my webtuiste

Ons stamvader het homself tussen Kareedouw en Joubertina in die Langkloof, op die plaas Misgunst, gevestig vanwaar sy nasate oor Suider-Afrika versprei het.

Die doel van hierdie webtuiste is om die Herselman Geslagsregister volledig en korrek te kry. Almal is dus welkom om 'n bydrae te maak waar inligting onvolledig of foutief is. Kom ons werk saam en maak die register klaar.

Spesiale dank aan Jan Karel Herselman van Canaga en Frans Antonie Herselman wat oorspronklik met die familie navorsing begin het. Hul navorsing is gebruik deur Heese en Lombard by die publisering van die Suid Afrikaanse Geslagsregisters (SAG). Edward Martin het hierop voortgebou en my sy navorsingstuk gegee en aangesien my ouers nie hierin verskyn nie, het ek besluit om die familie verder na te vors.

Kom maak kennis met my huisgesin en maak 'n las! Kontak my by my e-posadres, d.i.johan1@1herselman.co.za. Om te voorkom dat "hackers" my e-pos-adres met 'n "script" aktiveer, het ek die syfer "1" tweekeer oorbodig daarin geplaas. Verwyder dit uit die adres wanneer jy e-pos aan my rig.

Bywerkings word gedoen soos ek meer inligting en korreksies kry. Kom maak dus gereeld 'n draai hier.

Is daar miskien iemand in Kaapstad wat kan help met naslaanwerk in die Kaapse Argief en by GISA in Stellenbosch?

English family and friends are also welcome. An english option will be available at a later stage.

Bygewerk op 12 Des. 2010.